0860 055 055
Dienste 0860 636 636
Eise 0860 066 066
E-mail insure@integrisure

English Version
Terug na Tuisblad

VOERTUIG-ONGELUK

Ongeluke is helaas deel van ons daaglikse bestaan. Ons hoop nie dit gebeur nie, maar as u dalk in ‘n ongeluk beland, hou moed – ons is hier om u met u eis by te staan. Doen asseblief die volgende:

  1. Skakel ons Eise-afdeling by 0860 066 066, 24 uur per dag, elke dag van die jaar

  2. ‘n Lid van ons professionele span sal u bystaan om u eis telefonies in te dien.

  3. Ons Eise-afdeling sal ‘n goedgekeurde insleepdiens aanwys om u op die ongelukstoneel te help.

  4. Sorg asseblief dat u alle besonderhede van derdepartye en/of getuies op die ongelukstoneel verkry.

  5. Skakel die SAPD onmiddellik om die voorval aan te meld en verkry ‘n saaknommer.

  6. Die herstelwerk aan u voertuig sal gedoen word deur ‘n onderneming wat deur die vervaardiger goedgekeur is.

  7. ’n Gehuurde motor sal vir u gereël word, mits u hierdie bykomende deking gekies het.

  8. ‘n Goedgekeurde assessor sal aangewys word om die beskadigde voertuig te inspekteer. (U sal van die vordering met u eis op hoogte gehou word.)

As die voertuig herstel kan word

  1. Die aangestelde assessor sal ten tyde van die inspeksie magtiging vir herstelwerk verleen (indien goedgekeur).

  2. Tref asseblief reëlings met die paneelklopper wat die herstelwerk gaan uitvoer vir die mees geleë datum waarop die werk kan begin.

As dit onekonomies is om u voertuig te herstel

  1. Die goedgekeurde assessor sal bepaal of die voertuig herstel kan word. Sy aanbeveling sal gegrond wees op die waarde van die voertuig en die omvang van die skade wat in die ongeluk aangerig is.

  2. Indien die assessor bevestig dat die voertuig onherstelbaar is, sal hy reël dat dit deur ‘n goedgekeurde wrakbergingsonderneming verwyder word. (U sal van die vordering met u eis op hoogte gehou word.)

  3. Een van ons professionele eisekonsultante sal met u in verbinding tree om die eisprosedure en die skikkingsopsies met u te bespreek.

Hou asseblief die volgende inligting byderhand wanneer u ‘n eis indien:

  1. U polisnommer/ID nommer.

  2. U rybewys.

  3. Besonderhede van enige derdepartye wat betrokke is.

  4. Besonderhede van alle getuies.

  5. Die SAPD-saaknommer.

  6. ‘n Kwotasie vir die herstel van die skade.

  7. Die registrasiedokumente, indien die voertuig onherstelbaar is.

As u die slagoffer is van voertuigdiefstal en/of –kaping

  1. Skakel die SAPD onmiddelik om die voorval aan te meld.

  2. Maak seker dat u die voorval by u OPSPORINGSMAATSKAPPY aanmeld (waar van toepassing).

  3. Skakel ons Eise-afdeling by 0860 066 066, 24 uur per dag, elke dag van die jaar.

  4. ‘n Lid van ons professionele span sal u bystaan om u eis telefonies in te dienen sal die eisprosedure in besonderhede met u bespreek.

  5. ‘n Goedgekeurde eisebemiddelaar sal aangewys word om u by te staan en die omvang van u skade te evalueer. (U sal van die vordering met u eis op hoogte gehou word.)

  6. Die eisebemiddelaar sal u ook help met alle tersaaklike dokumentasie wat verlang word om u eis te kan afhandel.

  7. Soos in alle ander gevalle van verlies of skade, sal een van ons eiskonsultante met u in verbinding tree om die skikkingsopsies met u te bespreek.

Hou asseblief die volgende inligting byderhand wanneer u ‘n eis indien:

  1. U polisnommer/ID nommer.

  2. U voertuig se registrasiedokumente.

  3. Rybewys.

  4. Die SAPD-saaknommer.

 

NIE-VOERTUIG

Diefstal/Skade

As u so ongelukkig is om ‘n eis te moet indien, sal die volgende riglyne u help om sake in u eie belang te bespoedig:

  1. Skakel die SAPD onmiddelik om die voorval aan te meld.

  2. Skakel ons Eise-afdeling by 0860 066 066.

  3. ‘n Lid van ons professionele span sal u graag help om u eis telefonies in te dien.

  4. ‘n Goedgekeurde eisebemiddelaar sal aangewys word, afhangende van die omstandighede van die eis.

  5. ‘n Skikkingsopsie sal deur ‘n professionele konsultant met u bespreek word.

Hou asseblief die volgende inligting byderhand wanneer u ‘n eis indien:

  1. U polisnommer/ID nommer.

  2. Die SAPD se saaknommer.

  3. Indien ‘n selfoon gesteel of verloor is, hou asseblief u IMEI-nommer byderhand sodat u ‘n ITC-nommer van u diensverskaffer kan verkry om die foon te laat swartlys.

  4. ‘n Gedetailleerde lys en beskrywing van alle items wat ter sprake is.

  5. Bewys van eienaarskap (indien verlang).

  6. Kwotasie vir die herstel of vervanging van items.

 

VOERTUIGGLAS

  1. Dis heel eenvoudig – besoek net u naaste PG Glass- of Glasfit-sentrum.

  2. U hoef net u IntegriSure-polisnommer aan hulle te verstrek.

  3. Hulle sal die eis namens u indien, en dit behoort nie langer as 2 ure te duur om magtiging te verkry nie.

Vir u gerief:

PG Glass: 0860 03 03 03
Glasfit:     0860 12 34 23