0860 055 055
Service 0860 636 636
IntegriAssist 0800 002 777
Claims 0860 066 066

Sterk, betroubare en etiese vennote

Versekering is ’n gekompliseerde proses. Hoe weet u as gewone verbruiker hoe lyk ’n betroubare, geloofwaardige, finansieel standvastige versekeraar met ’n bewese prestasiegeskiedenis en waarvan die polisvoorwaardes helder en duidelik is? Dit is presies hier waar die waarde van die span professionele finansiële adviseurs van IntegriSure goud werd is.

Waarna kyk ’n mens? ’n Mens soek tog na ’n versekeraar wat met etiek en karakter sake doen en wat volledig omgee vir die belange van sy kliënte. IntegriSure is trots om in vennootskap te wees met Suid-Afrika se grootste korttermynversekeraar, Santam. By IntegriSure-Santam bestee ons verreweg die grootste deel van premie aan die uitbetaal van eise.  Ons en ons vennote fokus gesamentlik daarop om u so ver moontlik te bevoordeel en om aan u gemoedsrus te besorg.

 Om een polisbewoording met ’n ander te vergelyk en self te bereken wat u kans is dat u risiko goed verskans word, is nogal ’n ingewikkelde taak. Dit is ’n taak wat ons finansiëlediensadviseurs by IntegriSure deurgaans vir ons kliënte vervul. So baie verbruikers glo dat dekking op byvoorbeeld ’n voertuig oral presies dieselfde is. Verskillende versekeraars se portefeueljesamestelling verskil. Maak dus seker watter een pas die beste by u lewenstyl en u persoonlikheid. ’n Verkeerde keuse kan u finansieel baie seermaak. Omdat alle polisse voorwaardes het, is dit van kritieke belang dat die voorwaardes moet inpas by u begrip van billikheid en integriteit en by u begrip van redelikheid en regverdigheid. Die ‘beste premie’ moet dus vergelyk word met die voorwaardes, onafhanklikheid en die diens wat u ontvang. So kan u self vasstel of dit inderdaad ‘die beste’ premie is, sê Arnold van der Linde, die bestuurshoof van die IntegriSure-Groep.

U as verbruiker behoort deur u versekeraar volledig ingelig te word waarvoor u gedek is en waarvoor nie. Maak weer eens seker dat u die portefeulje kies wat u die beste pas. IntegriSure glo in die eeue oue spreekwoord: Kennis is mag! Daarom sal ons alles in ons vermoë doen om u ingelig te hou. Ons kan nie die wêreldekonomie en die klimaat beheer nie, maar ons aanvaar wel verantwoordelikheid vir die keuse van vennote. Daarom kies ons slegs vennote wat nie net hulle eie inkomste beskerm nie, maar wat ook waarde toevoeg tot u as IntegriSure-kliënt. Verkeerde vennote vernietig reputasies en kan premies buite verhouding laat styg. 

Baie kliënte word verwar deur ingewikkelde polisbewoordings. Die woord ‘omvattend’ beteken byvoorbeeld nie noodwendig by alle versekeraars dieselfde nie. Voorwaardes verskil en daarom is dit belangrik om te vra of u voertuig vir inruilwaarde, markwaarde of vir herverkoopwaarde gedek is – en, veral, hoeveel u bybetaling is. Om appels met appels te vergelyk, is uiters belangrik. Dit beteken nie dat sekere versekeraars noodwendig oneerlik is nie; dit mag net ’n kwessie wees van hoe hulle portefeuljes saamgestel word. Kies dus iemand wat u kan vertrou en wat u volledig ingelig hou.

Bybetaling is ’n groot punt van verwarring. Mense staar hulle te maklik blind teen die premie alleen. ’n 30% goedkoper premie beteken absoluut niks as u bybetaling baie hoog is nie! Daarom maak ons by IntegriSure seker dat alles geopenbaar word sodat elke kliënt appels met appels kan vergelyk. Maak ook seker dat die woorde ‘geen bybetaling’ op ’n polis nie ’n string streng voorwaardes het nie. Dit kan u kans om vir ’n voorval te eis wat ’n groot persoonlike verlies kan meebring, totaal venietig.   IntegriSure glo onwrikbaar daaraan om aan elke kliënt gemoedsrus te verskaf. Maar gemoedsrus kry eers volle waarde die dag as iets verkeerd sou loop en u moet eis. ’n Mens soek dus na die beste kombinasie van produk, prys en veral DIENS.

Dit is waarom dit so belangrik is om ook om braaivleisvure, in sitkamers en raadsale hieroor te praat. Op dié manier maak u seker dat u sakekennisse, u familie en vriende ook die voordeel kry en kan staatmaak op die integriteit en etiek van ’n betroubare finansiëlediensadviseur soos IntegriSure.

Wanneer ons by IntegriSure na sakevennote soek, pas ons dieselfde waardestelsels en riglyne toe. Want húlle waardes word óns waardes en dit moet uiteindelik gemoedsrus en stabiliteit gee en waarde tot u lewe toevoeg. Van der Linde sluit af: “Baie dankie aan u en al ons ander duisende kliënte wat u gemoedsrus aan IntegriSure en sy versekeringsvennote se jare van ervaring en integriteit toevertrou.”

 
Follow Us
Follow us on Facebook Follow us on Twitter Follow us on Twitter Follow us on YouTube
FSP No. 14595      Terms of Use    Webmasters: Login
Short term insurance   Online Insurance Quote