0860 055 055
Service 0860 636 636
IntegriAssist 0800 002 777
Claims 0860 066 066

Eispyne kan uitgeskakel word. Maak só seker.

Deur Kallie Cilliers
Hoofbestuurder: Eise

Dit is jare reeds IntegriSure se beleid om kliënte volledig ingelig te hou om te verhoed dat daar onaangename verrassings is as u dalk vir iets moet eis. U gemoedsrus is vir ons baie belangrik.

Allerisiko-versekering
Dit is iets waaroor daar soms verwarring bestaan. Wat val alles onder Alle Risiko’s? Allerisiko-versekering dek persoonlike besittings wêreldwyd wat ’n mens gewoonlik aan of by jou dra en uit die huis neem. Daar is twee soorte: gespesifiseerd en ongespesifiseerd. U kan ook self besluit op watter totale bedrag u Allerisiko-versekering vasgestel moet word – m.a.w. hoeveel u op een keer mag eis.

Gespesifiseerde allerisiko-versekering
Enige item met ’n waarde van meer as R1000 móét individueel gespesifiseer word, teen ’n billike premie per item. Die uitsondering is selfone en skootrekenaars wat óók gespesifiseer moet word, selfs al is die waarde daarvan minder as R1000. ’n Kamera, juwele, sport- en kampeertoerusting is byvoorbeeld duur items wat gespesifiseer kan word. ’n Fabriekgeïnstalleerde motorradio maak deel uit van u motorversekering, maar as dit ná die tyd aangebring word, moet dit gespesifiseer word. Dieselfde geld ’n GPS-toestel.

Ongespesifiseerde allerisiko-­versekering
Dek alle ‘kleiner’ persoonlike items wat u gewoonlik aan u dra, maar wat nie meer as R1000 per item kos nie. Dit is dinge soos u bril, horlosie of soortgelyke items wat gewoonlik uit die huis geneem of gedra word. Om enige misverstand uit die weg te ruim, word u versoek om ons professionele adviseurs by 0860 636 636 te skakel. Hulle sal dit graag persoonlik aan u verduidelik.

Onderversekering
Dít bly natuurlik ook een van die groot kopsere. Mense vergeet maklik dat hulle sekere items jare gelede aangekoop het en dat die vervangingswaarde daarvan intussen baie gestyg het. Dit bly u verantwoordelikheid om gereeld seker te maak en die vervangingswaarde van u huisinhoud aan IntegriSure te verstrek. As u twyfel, skakel gerus met een van ons professionele diensadviseurs by 0860 636 636. Ons sal dan aan u ’n inventarisvorm stuur om te voltooi wat u kan help om self die korrekte waardes te bepaal.

Huisinhoudversekering by IntegriSure is glad nie duur nie en daarom is dit sinneloos om laer waardes te verstrek. Dink net tot watter ramp dit kan lei as u onderverseker is en u huis word byvoorbeeld in ’n brand verwoes. Indien u huisinhoud of geboue nog nie by IntegriSure verseker is nie, maar by ’n ander finansiële instelling, maak baie seker hoeveel u betaal, aangesien sommige van hulle buitensporige premies hef. Maak één oproep om vas te stel, en dan vergelyk u dit met ons kwotasie.

 
Follow Us
Follow us on Facebook Follow us on Twitter Follow us on Twitter Follow us on YouTube
FSP No. 14595      Terms of Use    Webmasters: Login
Short term insurance   Online Insurance Quote