|
Sê nee vir gemors-oproepe of -sms’e.
Elke verbruiker het die reg op volledige inligting. Enige maatskappy of organisasie wat dit van u weerhou, behoort onder verdenking te staan. Maar u het ook ’n reg op privaatheid en niemand mag dit skend sonder u toestemming of sonder u wil nie.U ervaar seker ook soms dat u e-posadres en selfoonnommer onregmatig in die hande van sekere maatskappye en versekeraars beland, wat u dan met aanbiedings toegooi. Om te vra en u mening te lug, is u goeie reg.U het die reg om te sê dat u nie met hulle wil gesels nie.
U het die reg om te vra waar hulle u besonderhede gekry het.As u wel met hulle gesels, moenie bang wees om aan te dring op volledige antwoorde nie. Vra byvoorbeeld: Wat beteken “Omvattende Versekering” by julle?
Wat word alles uitgesluit? Vra oor bybetalings, want dit word dikwels gelaai om ’n goedkoper premie te kan aanbied. U kan hulle ook versoek om dadelik op te hou om aan u inligting te stuur. Maak baie seker dat u die naam van die organisasie en die persoon met wie u praat, asook die datum en die tyd aanteken vir toekomstige verwysing.
|