0860 055 055
Service 0860 636 636
IntegriAssist 0800 002 777
Claims 0860 066 066

Kan u bekostig om weke sonder ’n motor te wees?

Sommige mense sweer daarby en ander het nog nie besluit om ‘motorhuur’ by hulle versekering in te sluit nie.

Die vraag is:
Hoe kom u by die werk as u voertuig in ’n ongeluk is en u byvoorbeeld drie weke lank sonder ’n voertuig oor die weg moet kom?
Wat maak u as u motor gesteel word of onherstelbaar beskadig word terwyl u met vakansie is?

U het twee opsies:
U kan besluit of u slegs wil verseker teen ‘totale verlies’ tydens kaping, diefstal en afskrywing; en of u meer omvattend verseker wil wees wat, behalwe bostaande, ook dinge soos ongelukskade, haelskade, waterskade, brand, vallende bome, kwaadwillige beskadiging, ens. insluit. Teen ’n billike maandelikse bedrag kan IntegriSure verseker dat u vir ’n gratis huurvoertuig kwalifiseer as u sonder ’n voertuig gelaat sou word. Skakel 0860 636 636 vir meer besonderhede.

Dis mos wat mens gemoedsrus noem!

 
Follow Us
Follow us on Facebook Follow us on Twitter Follow us on Twitter Follow us on YouTube
FSP No. 14595      Terms of Use    Webmasters: Login
Short term insurance   Online Insurance Quote