|
Beïnvloed die Sokker-wêreldbeker my?
Jy kan vir miljoene gedagvaar word!
Vir u eie veiligheid en gemoedsrus gee ons ’n paar wenke.
Daar is talle mense wat hulle huise aan Wêreldbekerbesoekers gaan verhuur. Neem in aanmerking dat hulle ’n eis teen u mag hê as daar iets verkeerd loop terwyl hulle by u tuis is. Een mistrap op ’n trappie, een losserige plankie, of ’n enkele ongeluk voor die stoof, kan beteken dat u vir miljoene rande gedagvaar kan word.
Maak seker dat u voldoende gebeurlikheidsversekering het. Skakel gerus een van ons professionele diensadvisieurs by 0860 636 636. Ons help graag.
As u tydens die Wêreldbekertoernooi toeriste teen vergoeding karwei, moet u spesiale versekering uitneem, anders kan een ongeluk u finansieel ruïneer. Daar gaan sekerlik in dié tyd ook baie meer mense op ons paaie wees wat die risiko’s verhoog. Vermy onnodige ritte in dié tyd. Nog één waarskuwing: Misdadigers het beslis ook hulle planne gereed vir die Wêreldbekertoernooi. Ons boodskap is daarom eenvoudig: Wees ekstra versigtig, bedag en wakker.
|