Die IntegriSurer publiseer graag u briewe.
Skryf aan ons oor wat vir u van belang is. Ons sal waar moontlik ook alle vrae beantwoord.
Stuur vir ons ’n e-pos: insure@integrisure.co.za of stuur ’n brief (geen posseël nodig nie) aan:
IntegriSure, Vrypos JHZ 1381, Florida Hills, 1716
Vraag: Kan ek my polis jaarliks vooruitbetaal?
Antwoord: Ja, en u kry dan 8,33% korting op u premie. Neem net in ag dat dit ’n maandpolis bly. Daarom sal alle veranderings, asook premie-aanpassings wat in die loop van die jaar mag plaasvind, u premie asook die krediet beïnvloed.
“Net om u en u personeel, en Nicoline in die besonder, te bedank vir die flink en doeltreffende maar ook aangename en vriendelike wyse waarop my onlangse eis hanteer is. Dit word opreg waardeer.”
G.J. Marais, Belville
“Beste Shaun
Eerstens wil ek IntegriSure en u bedank vir die wyse waarop die hele prosedure hanteer is. Ek was aanvanklik erg onthuts toe ek verneem hoe lank dit sou duur om my voertuig te herstel, maar danksy u vriendelike bemiddeling is alles vinnig afgehandel.”
R.C. Rawson, Pinetown