0860 055 055
Service 0860 636 636
IntegriAssist 0800 002 777
Claims 0860 066 066

Effektiewe kostebestuur beskerm Integrisure kliente

In vorige uitgawes van Die IntegriSurer het ons al gesels oor hoe belangrik dit is dat kliënte se eise vinnig en doeltreffend afgehandel word.

Dit is die rede waarom slegs baie spesiale mense met die hand uitgesoek is om by die eise-maatskappy te werk wat aangestel is om die IntegriSure-eise te administreer – mense met sagte harte wat empatie uitstraal. Terselfdertyd is dit mense wat probleme hoogs professioneel en effektief kan afhandel. Kallie Cilliers, Hoofbestuurder: Eise, vertel dat hulle in April vanjaar die administrasie van IntegriSure se eie eise oorgeneem het. “IntegriSure is nou in beheer van alle prosesse en dit het ‘n regstreekse uitwerking op dienslewering. Die beheer oor diensverskaffers vir herstelwerk en vervanging het ook daartoe gelei dat die reaksietyd ná ‘n eis aansienlik verkort is.” Hierdie stelling word in Die IntegriSurer se rubriek Sê jou sê bevestig deur ‘n paar kliënte wat ingenome is met ons nuwe vlak van dienslewering.

Kallie vertel dat hulle nou ook onderhandel vir die beste moontlike herstel- en vervangingspryse. “Dit sal IntegriSure in staat stel om elke kliënt se premie te beskerm en te stabiliseer.”

Hy sê dit is ‘n betreklik algemene verskynsel dat verskaffers die prys van herstelwerk laai as hulle weet dit is ‘n versekeringseis. Só word kliënte uiteindelik benadeel deur verhoogde premies. “Ons hou ‘n besonder wakende oog deur middel van behoorlike beheerstelsels om te verseker dat geeneen van ons kliënte deur hierdie soort ‘wanpraktyk’ uitgebuit word nie. Ons kies ook ons verskaffers met groot sorg en verseker dat almal aan etiese sakepraktyke voldoen.

“Dit is vir ons van kritieke belang om die koste van eise só te bestuur dat ons premieaanpassings baie goed onder beheer kan hou.

“Ons is besonder trots om te kan sê dat IntegriSure, danksy ons doeltreffende eisebestuur, oorval word met dienskomplimente.”


Kallie Cilliers
Hoofbestuurder: Eise

 
Follow Us
Follow us on Facebook Follow us on Twitter Follow us on Twitter Follow us on YouTube
Survey
Which Social Network do you use the most?




Submit Survey  View Results
 
Latest News
 
FSP No. 14595      Terms of Use    Webmasters: Login
Short term insurance   Online Insurance Quote