Dit is altyd lekker om met goeie nuus te kan begin en eindig.
Omdat u ’n verantwoordelike kliënt is,en danksy ons unieke sakebeginsel om die verantwoordelike mark van die minder verantwoordelikes te skei, kan ons steeds risiko’s só verminder dat die duisende IntegriSure-kliënte daardeur bevoordeel word. Die groei wat ons weer die afgelope jare beleef het, bewys dat daar geen keer is aan IntegriSure se momentum van sukses nie. IntegriSure neem reeds jare lank die leiding om verantwoordelike mense met goedkoper versekering te vergoed. En omdat ons self beheer verkry het oor sekere gekontrakteerde dienste, kon ons aansienlik meer stabiliteit bewerkstellig in ’n bedryf wat behoorlik deur ekonomiese magte geskud is.
IntegriSure se premieaanpassings was weer eens laer as die markgemiddeld, in ’n omgewing waar mededingers selfs gedwing is om polisse te kanselleer of astronomiese verhogings aan te kondig – selfs binne enkele maande na mekaar.
Nog ’n heerlikheid is dat baie van ons kliënte vriende geword het.
Danksy u en u verwysings word IntegriSure deur aansoeke oorval. Dit beteken hoegenaamd nie dat ons voor die voet kliënte aanvaar nie. Getrou aan ons beleid, maak ons steeds versigtige keuses om seker te maak dat u premie nooit deur hoërisiko-kliënte beïnvloed sal word nie. Dit is nie net ’n belofte aan u en ons sakevennote nie, maar dit is en bly die grondslag waarop IntegriSure sake doen.
Waar ons (alweer!) die feestyd nader, is dit my wens dat u nie net voorspoed sal ervaar nie, maar dat u, te midde van ’n ekonomie wat knyp, voordeel sal trek omdat u met IntegriSure sake doen... iets wat ons u baie graag gun as vergoeding vir u eie sobere lewensgewoontes.
Mag elke misdadiger u huis miskyk en elke onverskillige jaagduiwel u voertuig misry, maar mag elke stukkie voorspoed u agtervolg en tref!
Arnold van der Linde
Uitvoerende Hoof: IntegriSure-groep