0860 055 055
Service 0860 636 636
IntegriAssist 0800 002 777
Claims 0860 066 066

Press Releases & News

August 18, 2008 16:42 Bookmark and Share
Moenie trots met regte verwar nie

Ouer mense kla: Verlede jaar se ‘net genoeg’ is nou te min!

Oktober elke jaar is dit tyd vir die Internasionale Dag vir Ouer Mense, en dan vra ’n mens jouself die vraag af: “Wat het verander en verbeter van verlede jaar af?”

Het ouer mense se lewensomstandighede verbeter?

Wêreldwyd het verskeie faktore ‘n groot invloed gehad op ekonomië en in die meeste gevalle is dit die mense wat reeds swaarkry wat nog meer swaarkry.

In Suid-Afrika het mense met stewige bankrekeninge beslis voordeel getrek uit hoër rentekoerse, maar die wat van oortrokke fasiliteite afhanklik en skuld is, kry baie swaar.

Selfs die met voldoende geld in die bank voel nou hoe voedsel- en brandstofpryse ‘n duik maak in die spaarbussie. Mense wat ‘n jaar gelede ‘net genoeg’ gehad het, kry nou die wind stewig van voor.

Ouer mense, soos almal, het keuses. Hulle kan vasstaar teen ekonomiese struikelblokke en morbied raak daaroor, of hulle kan fokus op geleenthede om hulle lewe te verbeter.

Dis maklik om so vasgevang te word in al die negatiewe gebeure en om dan blind te raak vir geleenthede, sê Helen Szemerei, Direkteur: Versekeringsdienste van IntegriSure.

My wens is dat ouer mense nie trots met regte moet verwar nie. Ouer mense het dekades lank hard gewerk om die land en hulle eie omstandighede te verbeter. Dit is nou hulle reg om te geniet waarvoor hulle gewerk het.

Dit is juis hier waar die mooi karaktertrekke van ouer mense in konflik kom met hulle regte as mens, sê Szemerei.

Oral in die gemeenskap word daar spesiale aanbiedings gemaak aan ouer mense. Hulle kan soms teen afslagprys teater of fliek toe gaan, hulle kry goedkoper versekering en sekere restaurante en reisagente gee spesiale kortings.

Deur onnodig trots te wees en nie die aanbiedinge te aanvaar nie, benadeel jy net jouself en verloor jy jou finansiële voordeel.

IntegriSure steun ook weer die Expo 50+ wat vanjaar vir die derde keer aangebied word en wat direk daarop gemik is om ouer mense te bevoordeel. Szemerei sê die Expo is ‘n voorbeeld waar daar nie net oor probleme gepraat word nie, maar waar daar konkreet iets gedoen word.

Die Expo 50+ vind vanjaar van 9 tot 12 Oktober plaas by die sportsentrum van die Universiteit van Pretoria.

Current Articles | Archives | Search

 
Follow Us
Follow us on Facebook Follow us on Twitter Follow us on Twitter Follow us on YouTube
Survey
Which Social Network do you use the most?




Submit Survey  View Results
 
Latest News
 
FSP No. 14595      Terms of Use    Webmasters: Login
Short term insurance   Online Insurance Quote