0860 055 055
Service 0860 636 636
IntegriAssist 0800 002 777
Claims 0860 066 066

Press Releases & News

August 24, 2011 14:10
Nuwe tolhekke wek groot kommer vir motoriste se versekeringspolisse

24 Augustus 2011: Die Regering se besluit om die vlakke van toltariewe te verlaag vir Gautengse motoriste wat die komende tolhekke op hoofpaaie in die provinsie moet gebruik, is 'n positiewe verwikkeling. Met die inwerkingtreding van die tolhekke wat waarskynlik egter steeds mense se bestuurspatrone sal verander, is dit noodsaaklik dat motoriste die versekeringsimplikasies van enige verandering in hulle bestuursgedrag oorweeg.

Die Kabinet het verlede week aangekondig dat toltariewe vir die eerste fase van die Gautengse deurpadverbeteringsprojek ná 'n hersiening van die kosteberekeninge goedgekeur is. Volgens die nuwe pryse sal motorfietse 24 sent per kilometer teenoor die aanvanklik voorgestelde 29 sent moet betaal. Ligte motorvoertuie (klas A2) sal 40 sent betaal, en mediumgrootte voertuie (klas B) sal R1 betaal.

Volgens Helen Szemerei, Uitvoerende Hoof by IntegriSure, kan dit steeds 'n beduidende effek op mense se finansies hê, al is die koste laer as die aanvanklike prys wat voorgestel is. "Ons verwag dat sommige motoriste sekondêre paaie gaan kies om die tolhekke te vermy. Hierdie sekondêre paaie is waarskynlik in 'n swakker toestand, moontlik minder goed belig en het meer slaggate. Gevolglik kan motoriste wel 'n toename in die aantal ongelukke of instandhoudingsprobleme ervaar indien hierdie roetes gevolg word.

"Dit is noodsaaklik dat motoriste wat dit wel oorweeg om alternatiewe roetes te volg, nie net seker maak dat hulle versekering op datum is nie, maar ook dat hulle polis hulle dek vir enige skade wat deur slaggate veroorsaak word."

Szemerei waarsku ook dat verbruikers wat betaal-per-rit-versekeringsdekking kies, waarskynlik ook deur die inwerkingtreding van die tolhekke geraak sal word. "Hierdie verbruikers het dalk hierdie tipe dekking gekies om geld te bespaar. Gevolglik is hulle dalk die meeste geneig om alternatiewe roetes te volg om die koste te vermy. Deur dit te doen, reis hulle dalk heelwat verder en maak potensieel hulle versekeringsdekking duurder.

"Voorts bied sommige versekeringspolisse beperkte dekking aan polishouers in ruil vir 'n laer premie. In sulke gevalle kan dekking egter dan tot die algehele verlies van 'n voertuig beperk wees, nie vir die skade aan 'n voertuig nie. Die gevolg is dat juis die mense wat op 'n premie probeer bespaar 'n groot rekening kan ontvang indien hulle in 'n ongeluk betrokke is."

Sy sê verbruikers moet daarvan bewus wees dat daar talle ander opsies is wanneer hulle die regte versekeringspolis vir hulle behoeftes kies. "Dit is 'n goeie idee dat motoriste wat beperkte dekking in ruil vir 'n laer premie kies met 'n gekwalifiseerde finansiële adviseur praat wat hulle kan help om 'n goedkoper versekeringspremie te kry en tegelykertyd omvattende dekking te behou."

Media navrae: Bruce Nortje – bruce@integrisure.co.za

Current Articles | Archives | Search

 
Follow Us
Follow us on Facebook Follow us on Twitter Get our Newsfeed Follow us on YouTube
Survey
Which Social Network do you use the most?




Submit Survey  View Results
 
Latest News
 
FSP No. 14595      Terms of Use    Webmasters: Login
Short term insurance   Online Insurance Quote