0860 055 055
Service 0860 636 636
IntegriAssist 0800 002 777
Claims 0860 066 066

Press Releases & News

October 06, 2011 13:55
Huiseienaars moet basiese Voorsorgmaatreëls tydens sensus 2011 tref

17 September 2011: Met net 'n paar dae oor voor Suid-Afrika se 2011-sensus amptelik begin, word huiseienaars gemaan om versigtig te wees wanneer veldwerkers hulle huise besoek. 'n Geraamde 140 000 sensuswerkers gaan gedurende die volgende paar weke landwyd huise besoek om inligting in te win.

Volgens Helen Szemerei, Uitvoerende Hoof by IntegriSure, moet verbruikers tydens hierdie tydperk ekstra waaksaam wees omdat dit 'n ideale geleentheid vir 'n misdadiger bied om maklik toegang tot iemand se huis te verkry. "Dit is altyd raadsaam om eerder oorversigtig te wees. Alle sensuswerkers moet 'n identifikasiekaart, 'n vertroulikheidskennisgewing, 'n seilsak van die sensusburo en 'n handtoestel hê.

"Indien 'n sensuswerker by jou deur opdaag, is dit belangrik om vir identifikasie en 'n kenteken te vra voordat jy enige vrae beantwoord sodat jy kan verifieer dat so 'n werker wel deel van die sensusburo is. Indien 'n sensuswerker nie hierdie items het nie, moet verbruikers hom of haar nié in hulle huis toelaat of enige vrae beantwoord nie," sê Szemerei.

Sy sê misdadigers word al hoe slimmer wat betref maniere waarop hulle inligting oor potensiële teikens inwin en dit is uiters belangrik dat verbruikers gedurende hierdie tydperk op hulle hoede bly. "Indien daar by 'n mens se huis ingebreek word, sal die huisversekeringspolis natuurlik dienooreenkomstig uitbetaal, maar om uit te vind daar is by jou huis ingebreek is 'n traumatiese ervaring. Dit is dus baie beter om ekstra voorsorgmaatreël te tref om te verhoed dat dit in die eerste plek gebeur."

Sensuswerkers verifieer tans adresinligting teen die werklike vraelys voordat die opname op Dinsdag 10 Oktober begin. Szemerei sê dat hoewel sensuswerkers finansiële inligting oor byvoorbeeld salarisband sal wil hê, hoef verbruikers nie sulke vrae te beantwoord nie. "Dit is ook belangrik dat verbruikers nie te veel persoonlike inligting gee nie. Die sensuswerkers sal nie vir bankrekening of kredietkaartinligting vra nie. Indien iemand wel iets hiervoor vra, is dit raadsaam om te vra om met die betrokke veldwerktoesighouer te praat."

Die amptelike 2011-sensuswebwerf verklaar dat dit sowat 35 minute sal neem om die vraelys af te handel en dat verbruikers gerus behoort te voel om die werker in hulle huise toe te laat sodra al die sekuriteitskontroles uitgevoer is.

Volgens Szemerei moet verbruikers egter besef dat hulle onder geen verpligting staan om dit te doen nie. "As mense ongemaklik voel om die sensuswerker in hulle huis toe te laat, moet hulle daarvan bewus wees dat die onderhoud deur 'n veiligheidshek gevoer kan word, of dat hulle die vraelys self kan invul en dit teen 30 Oktober 2011 aan die veldwerker kan teruggee.

"Hoewel dit belangrik is dat verbruikers behoorlike sorg aan die dag moet lê wanneer hulle aan die sensus deelneem, moet hulle ook onthou dat dit 'n belangrike projek is wat die jongste demografie van Suid-Afrika wil bepaal sodat ons 'n duideliker beeld kan vorm van waarheen ons op pad is," sê Szemerei.

Current Articles | Archives | Search

 
Follow Us
Follow us on Facebook Follow us on Twitter Get our Newsfeed Follow us on YouTube
Survey
Which Social Network do you use the most?




Submit Survey  View Results
 
Latest News
 
FSP No. 14595      Terms of Use    Webmasters: Login
Short term insurance   Online Insurance Quote