|
SA se Mnr. Televisie 3, 2, 1, Aksie!

IntegriSurer: Jy’s die seker langslewende nuusleser ter wêreld?
Riaan: As jy verwys na die goedbedoelde grappies dat ek glo destyds oor die val van die Romeinse Ryk berig het, dan is ek seker die langslewende een, ja. Maar wat ek wél met sekerheid weet, is dat ek die langsdienende Afrikaanse TV-nuusleser ter wêreld is – dis die enigste wêreldrekord waarmee ek kan spog!
IntegriSurer: Verwag mense dat jy alles van alles moet weet omdat jy die nuus lees?
Riaan: Ek hoop nie so nie – trouens, ek dink nie dit sou moontlik wees nie. Iets van so veel moontlik is die beste waarna ‘n ou kan strewe, plus alles van ‘n klompie dinge. Mense verwag egter dat ek goed ingelig sal wees oor daaglikse nuusgebeure, en so hoort dit ook. ‘n Mens kan baie gou sien as ‘n nuusleser geen benul het van die agtergrond waaroor ‘n bepaalde nuusberig handel nie, want die intonasie, klemplasings en frasering van sinne is daarmee heen en die lees word bloot meganies.
IntegriSurer: Kry jy ook seer as jy lees van brandstofstygings en ekonomiese probleme? Dit lyk nie so nie…
Riaan: Eish! Dit maak my net so seer soos vir die kykers! Maar onthou dat ‘n nuusleser nie met lyftaal kommentaar behoort te lewer nie. Jy’s net die draer van nuus, goed of sleg.
IntegriSurer: Jou mening as gewone landsburger… Is daar ‘n faset van die samelewing wat nie deur die ekonomiese knyptang geraak word nie?
Riaan: Dit is haas ondenkbaar. Selfs die heel rykstes se fortuine het aansienlik gekrimp. Wat my veral kwel, is die oënskynlik onafwendbare dramatiese toename in werkloosheid, wat nog groter armoede in die hand gaan werk. En met armoede kom ook stygende misdaadsyfers. Dit is ‘n bose kringloop.
IntegriSurer: Jy’s al lank betrokke by IntegriSure se kommunikasieveldtog. Hoe uniek is IntegriSure vir jou?
Riaan: Dit is vir my die wonderlikste beginsel dat erkenning verleen word aan die mense met ‘n meer verantwoordelike leefstyl. Ek is self reeds ouer as 60 en weet uit ervaring dat ek my swaarverdiende bates met groot verantwoordelikheid en omsigtigheid opgebou het, beskerm en verseker. Dit is absoluut uniek dat ‘n versekeraar my daarvoor met ‘n voordeliger premie wil beloon.
IntegriSurer: Wat sê jy oor die rol en belangrikheid van goeie diens?
Riaan: Die sukses van enige samelewing wentel om dienslewering. Hoe beter die dienslewering, hoe beter funksioneer die samelewing. Dit geld maatskappye ook. Dié wat die beste diens lewer, is dié wat die meeste kliënte lok én behou. Dienslewering hou egter regstreeks verband met die ingesteldheid en houding van diegene wat die diens moet lewer. ‘n Gemotiveerde, behulpsame en vriendelike personeelkorps verrig wondere.
IntegriSurer: Hoe logies is premieverhogings vir jou in ‘n ekonomie waar alle pryse styg?
Riaan: Wel, niemand kan verwag dat ‘n sakeonderneming ten gronde moet gaan net omdat hy nie aan prysverhogings wil meedoen nie. Dit is ‘n kwessie van oorlewing. Wanneer ‘n maatskappy soos bv. ‘n versekeraar egter sy premieverhogings tot die absolute minimum kan beperk en dit met vers en kapittel so aan sy kliënte kan voorhou, getuig dit van verantwoordelikheid en integriteit. Jy kan tog nie verwag dat jou versekeringspremie onveranderd moet bly as die vervangingswaarde van versekerde goedere net aanhou styg nie? As daar minder versekeringsbedrog gepleeg word en mense minder vals eise indien, kan premieverhogings óók beperk word. Ek vermoed dit is een van die redes waarom IntegriSure se premie-aanpassings so laag is – hulle teiken die verantwoordelike leefstyl mark wat nie om die hawerklap vir elke bakatel eis nie..
|
 |
|
WE'VE TAILOR-MADE A SOLUTION JUST FOR YOU
|
|
This month's featured press release
|
|