Junie 2008 / Issue #082732

Groot toets kom wanneer u eis
Omgee is basis vir goeie diens

deur Helen Szemerei
Direkteur: Versekeringsdienste,IntegriSure Groep


By IntgeriSure is ons beskeie trots daarop dat ons OMGEE en altyd sál omgee. Ons sal daarom nooit toelaat dat u oningelig is nie, omdat dit u én ons kan benadeel.

Hoe meer ingelig u is, hoe beter is u in staat om korrekte besluite te neem en hoe kleiner word die risiko dat u benadeel kan word.

Omgee is nie vir ons by IntegriSure ‘n opsie nie, dis ons basis vir goeie diens.

Omdat ons ons diens aan u voortdurend probeer verbeter, het ons ‘n stappie verder gegaan om seker te maak dat u “diens met 'n glimlag” konkreet en prakties ervaar.

Die groot toets kom gewoonlik die dag wanneer u moet eis. Dán word ‘goeie diens’ eers behoorlik beoordeel.

IntegriSure wil help dat u eis so vinnig en goed moontlik afgehandel kan word. Ons kan dit slegs doen as alles wat nodig is, behoorlik in plek is.

Daarom het IntegriSure ’n Eis Met Gemak-boekie saamgestel om u lewe makliker te maak. Dit bevat stap vir stap wenke van alles wat gedoen moet word wanneer u ‘n eis wil aanmeld. Die Eis Met Gemak-boekie bevat ook belangrike kontak besonderhede. Só bespoedig dit die afhandeling van u eis.

Dit is in ‘n lekker gemaklike kredietkaartgrootte ontwerp om in u beursie te kan pas, gerieflik en byderhand waar ‘n verlies of ongeluk ook al mag plaasvind.

Ons glo onwrikbaar daarin dat langtermynverhoudings kritiek noodsaaklik is vir ‘n vennootskap waarin u gemoedsrus het en waarin ons gesonde besigheid kan doen. Vir meer inligting oor die Eis Met Gemak-boekie kontak IntegriSure direk by 0860 636 636

 

Onderversekering Moenie dat hierdie monster jou beetkry nie!

Die één ding waaroor ons by IntegriSure dikwels praat, is onderversekering. Die rede
is eenvoudig.

As u dit nie weet nie en ons maak u nie daarvan bewus nie, laat ons toe dat u in ‘n gekkeparadys leef, waaruit u met ‘n skok kan wakker word! En dít sal ons nie doen nie.

Of Suid-Afrikaners dit wil weet of nie, en of ons daaroor wil praat of nie, daar is ‘n paar monsters wat lê en wag om ons swaarverdiende bates op te slurp. Dit is waarteen ons onsself moet beskerm.

Twee van die groot monsters is inflasie en misdaad.

Syfers toon dat ‘n enorme aantal mense in Suid-Afrika onderverseker is. Dit is nie dat mense hulself noodwendig doelbewus onderverseker nie. Ons glo mense hou net nie altyd tred met die spoed waarteen inflasie invreet op die waarde van hulle bates nie.

‘n Sitkamerstel wat vyf jaar gelede R10 000 gekos het, kos byvoorbeeld vandag
R20 000. En versekeraars vervang u ‘ou stel’ met ‘n nuwe stel. As u dan net vir
R10 000 verseker is, gaan u 50% onderverseker wees en die versekering gaan slegs 50% van u eis uitbetaal.

“… anders het ek die helfte verloor”.

Een van ons kliënte vertel juis dat hy ‘baie kortsigtig’ was omdat hy nie sy huisinhoud
teen vervangingskoste verseker het nie. “Ek het nooit besef dat ek so min ekstra moes betaal om vir volle vervangingswaarde verseker te wees nie. Ek is net dankbaar daar het intussen niks gebeur nie, anders het ek die helfte verloor van wat ek het!”

Baie mense word afgeskrik omdat hulle dink dit kos baie meer om vir 'n paar duisend rand ekstra verseker te wees. Die bykomende bedrag is inderwaarheid nominaal.

Dis die rede waarom IntegriSure gedurig daaroor praat. Ons wil nie ongelukkige kliënte hê nie, en ons weet u gaan ongelukkig wees as u onderverseker is … en u moet eis!

Ons is ook oortuig dat ons vennootskap met u tot in lengte van dae sal hou as u geen skade ly as daar iets met u gebeur nie. Dis waarna ons streef: ‘n laaaaaaaaaaang verhouding met ‘n baie gelukkige kliënt!

Nou wat moet ek doen?
Ons beveel aan dat u een keer per jaar ‘n inventarisopname van u huis se inhoud maak sodat u seker is dat u genoegsame dekking geniet. As u onseker is of as u ‘n aanpassing wil maak, skakel enige van ons spesialisadviseurs
by 0860 636 636 en slaap vanaand rustig!

Sonder om onpatrioties of paranoïes te wil klink, kan ons nie die misdaadsyfers in die land wegwens nie. Daarom durf ons nie nalaat om u daarop te wys dat  onderversekering mens kan ruïneer nie. En dit kos glad nie soveel ekstra nie, maar verskaf  ongelooflike gemoedsrus.

WE'VE TAILOR-MADE A SOLUTION JUST FOR YOU

This month's featured press release

! Ouer mense verhonger onder ons oë
An authorized financial services provider - www.integrisure.co.za