June 24 - Afrikaans

  June 2009
IntegriSure-vennoot landwyd die beste



Dit is en was nog altyd vir IntegriSure noodsaaklik om slegs met die beste vennote sake te doen, wat sal help om goeie waarde vir ons kliënte toe te voeg.

“Iemand wat versekering koop, koop gemoedsrus,” het Arnold van der Linde, Uitvoerende Voorsitter van die IntegriSure-groep, al by herhaling gesê. Dit is waarom IntegriSure deur die land se versekeringsreus, Santam, onderskryf word. Santam is pas deur die Financial Intermediaries Association (FIA) in al drie kategorieë vereer as Suid-Afrika se topverskaffer van korttermynversekeringsprodukte.

Hy sê hoe beter en meer betroubaar die vennote is, hoe sterker is die verbruiker aan die wenkant. Arnold is steeds die President van die FIA. Die FIA verteenwoordig tussengangers wat meer as 80% van alle korttermynversekerings-transaksies tot stand bring, meer as 60% van alle lewensversekerings- en gesamentlike beleggingstransaksies, en 80% van alle werknemersvoordelebesigheid in Suid-Afrika.

Die FIA het hom daartoe verbind om ‘n visie van ‘n eenstemmige struktuur vir die hele bedryf na te streef waardeur sake van gemeenskaplike belang aan die orde kan kom wanneer daar met die owerheid en verenigings van produkverskaffers onderhandel word. Die FIA is ook daartoe verbind om die professionaliteit van sy lede te handhaaf en uit te bou, en sodoende deur sy lede ‘n professionele diens aan verbruikers te lewer.



Foto: Ian Kirk, HUB Santam, Barry Taylor, FIA-Korttermyn EXCO-Voorsitter en Arnold van der Linde, FIA President en Uitvoerende Voorsitter van die IntegriSure-Groep.
 

WE'VE TAILOR-MADE A SOLUTION JUST FOR YOU

This month's featured press release

! Swak advies skaad publiek en bedryf
’n Gemagtigde finasiele-diensteverskaffer - www.integrisure.co.za