|
IntegriSure vier 10 jaar
IntegriSure het sedert 1998 gegroei tot een van die land se mees betroubare verskaffers van korttermynversekering met 'n uiters lojale IntegriSure-familie as kliënte en skitterende personeel.
Die band tussen u as kliënt en IntegriSure is ongehoord in die versekeringsbedryf. "IntegriSure se kliënte is seker die mees lojale kliënte wat mens in die bedryf kan kry," sê Arnold van der Linde, Uitvoerende Voorsitter van die IntegriSure-groep.
Tydens die feesvieringe het Arnold veral sy span spesialispersoneellede binne IntegriSure geloof vir hulle passie en toewyding. "Julle is die rede waarom IntegriSure se kliënte van ons hou, want mense beïnvloed mense."
IntegriSure het oor die jare 'n unieke resep ontwikkel vir die verantwoordelike mark deur mense te vergoed en te bevoordeel vir hulle verantwoordelike leefstyl. "Ons ken ons mark seker beter as enigiemand anders in Suid-Afrika en ons bestee baie tyd aan kliëntediens."
Verdere opleiding en ontwikkeling van die IntegriSure-span het daartoe gelei dat IntegriSure vandag so hoog aangeskryf word.
Arnold sê ook dat alle vennote van IntegriSure uitgesoek is vir die buitengewone voordele en diens waarmee hulle waarde tot IntegriSure se kliënte kan toevoeg.

Arnold vd Linde (Uitvoerende Voorsitter, IntegriSure), Margaret Massie (Uitvoerende Hoof: Mense en Handelsmerk - Santam), Edward Gibbens (Uitvoerende Hoof: Makelaarverspreiding - Santam) en Glen Mollink (Uitvoerende Hoof, Innovation-groep)

Spaar slim!
Almal is voortdurend besig om te kyk waar en hoe ons geld kan spaar. En dis goed so. Maar mens moet versigtig wees om jouself nie "arm te spaar" nie.
Suid-Afrika se ekonomiese omstandighede en die onlangse premieverhogings in die hele bedryf, het daartoe gelei dat sommige mense besluit het om hulle versekeringsdekking te verminder en só geld te probeer spaar. Dit is uiters gevaarlik en kan mense totaal ruïneer.
Daar is selfs enkele mense wat besluit het om hulle voertuigversekering te verander van omvattende versekering na derdepartyversekering. Dit is 'n resep vir rampspoed, aangesien slegs een derde van alle motors op Suid-Afrika se paaie omvattend verseker is.
Die vraag wat u uself moet afvra, is:
As my voertuig afgeskryf word, sal ek die koste van 'n nuwe voertuig kan dra?
Daar is ander maniere waarop u kan verseker dat u maandelikse premie verminder. Maniere om byvoorbeeld op u versekering te bespaar, sluit in:
- 'n Gekoppelde alarm vir die huis
- 'n Opspooreenheid in u motor.
- Versoek dat u 'n groter bybetaling het in die geval van 'n verlies
- Plaas u inhoud, motor en geboue alles by een plek, dan kan nog meer afslag beding word.
Die belangrikste is om altyd seker te maak dat die inligting wat u aan u makelaar verskaf, honderd persent korrek is. Onthou, inligting soos veiligheidsmaatreëls wat u nie het nie of wat u bykry, beïnvloed u premie.

IntegriAssist
As iemand jou deesdae iets verniet gee, is mens geneig om te vra: "Goed, wat's die vangplek?" Dis waarom IntegriAssist so merkwaardig is. IntegriSure gee dit aan u absoluut gratis en sonder enige voorwaarde.
U verantwoordelike lewenswyse en lae eisegeskiedenis maak dit vir IntegriSure moontlik om, behalwe u laer premie, nóg iets terug te gee om u lewe in 'n noodgeval geriefliker te maak - met IntegriAssist.
IntegriAssist is 'n gratis telefoniese diens wat u 24 uur per dag en 365 dae per jaar ontvang, net omdat u 'n kliënt van IntegriSure is!
U het reeds u IntegriAssist-kaart ontvang. In sommige gevalle word die volledige diens telefonies verskaf en in ander gevalle help IntegriAssist u om in 'n noodgeval die regte hulp te kry.
Met die vakansietyd net om die draai, is die voordele nóg belangriker. Maak seker dat u u IntegriAssist-kaart by u het as u met vakansie gaan.
Indien u van enige vrae oor IntegriAssist dienste het, skakel gerus een van ons spesialiste by 0860 636 636.
Vir meer inligting oor IntegriAssist: http://www.integrisure.co.za/Products/IntegriAssist.aspx
 |
|
Hierdie maand se persverklaring

|
|