103583

IntegriSure se sukses

"Verantwoordelike en gesonde sakebeginsels"

Aan die woord is
Helen Szemerei,
Uitvoerende Hoof van IntegriSure.

"Die woorde beskeie en trots word nie dikwels in dieselfde asem genoem nie. Maar ek het geen ander manier om te beskryf hoe ek voel oor IntegriSure se groei en posisie in die versekeringsbedryf nie."

IntegriSure se groei het 'n groter poel van verantwoordelike kliënte meegebring waarvan die voordeel wyd strek. Vir IntegriSure beteken dit uiteraard groter vooruitgang en só word kliënte verseker van stabiliteit en standvastige tariewe, en vir die bedryf bewys dit die waarde van 'n tussenganger met integriteit.

IntegriSure se groei is te danke aan die sterk klem op diens en waardetoevoeging vir kliënte, en nie a.g.v. "die besteding van miljoene rande aan advertensies wat geen waarde toevoeg nie."

Helen sê dit is wonderbaarlik dat die regulering van die versekeringsbedryf byna parallel loop met die beleid wat IntegriSure reeds jare lank nougeset volg. "Omdat ons soveel klem lê op voordele vir kliënte, plaas dit IntegriSure outomaties op verskeie vlakke as die markleier."

Sy sê dit is opvallend hoeveel van die sogenaamde 'grotes' IntegriSure se sakemodel en beleid probeer nadoen.

Ons model vir die toekoms sal altyd wees om bestaande kliënte te koester en te beskerm. Groei mag nooit plaasvind ten koste van die mense wat jou oor die jare heen ondersteun het nie.

IntegriSure sal voortgaan met kliëntgerigte kapitaalontwikkelings. Alles word gemik op die verantwoordelike bestuur van portefeuljes en kostebeperkings, en om terselfdertyd die gehalte van dienslewering aan kliënte te verbeter.

IntegriSure het die afgelope jaar só uitgebrei dat dit selfs nodig was om die direksie te vergroot. Dit skep 'n omgewing van kundiges met dieselfde etiek en waardestelsel.

Sy verwys ook na die invloedryke rol van IntegriSure se Uitvoerende Voorsitter, Arnold van der Linde, in die korttermynversekeringsbedryf. Sy verpligtinge is die afgelope jaar só herrangskik dat hy aan 'n wye front sterker ondersteuning kon bied en waarde tot die bedryf kon toevoeg.

Helen glo dat IntegriSure se leiersrol op die gebied van moderner kommunikasiemetodes, kliënte baie sal bevoordeel. Kommunikasie deur middel van sosiale netwerke soos Facebook en Twitter asook IntegriSure se tegnologies gevorderde E-centre, maak 'n nuwe wêreld oop vir kliënte wat verkies om op hierdie manier te kommunikeer.

Ten slotte beklemtoon Helen dat die bestendige groei van IntegriSure regstreeks verband hou met die gehalte van sy kliënte. IntegriSure het streng keuringsmetodes wat verseker dat slegs verantwoordelike kliënte deel word van die 'familie'. "Dit is die manier waarop ons ons kliënte en onsself beskerm en ons groei bewys duidelik dat dit by die verantwoordelike mark byval vind."

"Voeg daarby ons versigtige en verantwoordelike keuse van vennote en diensverskaffers, en 'n mens kan verstaan waarom soveel ander in die bedryf ons model probeer navolg," sê Helen.

Namens ons Uitvoerende Voorsitter, die Raad en die hele IntegriSure-span, wens ons u 'n voorspoedige en veilige feestyd toe.

IntegriSure se E-centre plaas jou in beheer

Dit is nou moontlik om met die druk van 'n knoppie of die klik van 'n muis letterlik elke aspek van jou motor- en huisversekering in reële tyd voor jou te sien oopvou en vorder - alles op hierdie hoogs beveiligde fasiliteit, met jou eie wagwoord waartoe net jy toegang het.

Lees Meer

Oefen jou brein en word Breinfiks!

Moeg gesukkel met 'n brein wat soms lui is?

  • Wat name vergeet... selfs jou eie kinders of vriende se name?
  • Wat toeslaan as jy vinnig die aangepaste prys moet bereken as jou man vra hoeveel die skoene jou gekos het?
  • Wat nie kan onthou hoe laat jou tandartsafspraak is nie jy kan ook nie presies onthou waar jy die afspraakkaartjie veilig  gebêre het nie?
  • Wat heeltyd wonder waar jou motorsleutels en jou selfoon is?

Lees Meer

Wenners!

In die vorige IntegriSurer kon u inskryf vir ons "Net Omdat-kompetisie". Almal wat hulle vriende en familie se kontak besonderhede aan IntegriSure verstrek het, het vir die pryse in aanmerking gekom. Die reaksie was oorweldigend.

Lees Meer

Sê jou sê

"Ek wil graag baie dankie sé vir die doeltreffende en vinnige manier waarop my eis deur IntegriSure hanteer en afgehandel is..."

Lees Meer

 
Follow us on Facebook Follow us on Twitter Follow us on Twitter Follow us on YouTube
0860 636 636

Ander Artikels


IntegriSure is ’n gemagtigde finansiële –diensteverskaffer (Lisensie nommer 14595)